Luister weer: Tsjekof se ‘Ou Wyntoon’


Johann Nel

Esther von Waltsleben en Jan-Hendrik Opperman, in die regte lewe vrou en man.

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, gee vir ons met Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur ‘n kykie in die geesteslandskap van ‘n jiglyer. Kistoenof, die bankbestuurder, het hom die vorige aand vergryp aan te veel rooiwyn, en dra nou die gevolge van sy vergryping. Sy lyding word haas ondraaglik wanneer ‘n ‘weerlose’ kliënt met onredelike eise haar opwagting by die bank maak. Dié ‘weerlose kreatuur’ word deur Esther von Waltsleben gespeel. Pochatkin, die jong bankassistent met ‘n versigtige houding, word vertolk deur Jan-Hendrik Opperman. En Johann Nel gee lewe aan Kistoenof, Ou Wyntoon. Cassi Lowers versorg die produksie tegnies. Hierdie RSG-produksie is moontlik gemaak deur ‘n borgskap van die Nasionale Kunsteraad.

Johann Nel vertolk die hoofrol in die klug “Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur” deur die Russiese dramaturg Anton Tsjekof, verwerk deur Nico Luwes.

Die kort drama sentreer om wyn, gout, geld, selfsug, lyding, ‘n knorrige Russiese bankier en twee mense naby aan hom.

Amor Tredoux is die regisseur en die klank is behartig deur Cassi Lowers.

Lees ook dié resensie:
https://robynsassenmyview.com/2020/09/22/just-24-rubles-and-36-kopeks-worth-of-anguish/