Spanning galore in Pointe-Noire (Ek en die majoor)


27 April 2017: Die rolprentregisseur en TV-vervaardiger Jan Lampen se Pointe-Noire (Ek en die majoor) volg op Donderdag 27 April met spelers soos Erik Holm, Albert Maritz, André Terblanche, Chris Majiedt, Frieda van den Heever, Ronel Geldenhuys, Leandi Valentyn en Zenobia Kloppers in die rolle.

Die wenner van die eerste prys in die radiodrama-kompetisie handel oor twee van die laaste oorlewendes wat uit ‘n gevangenis in Point-Noire ‘n kusdorp in die suidweste van die Kongo probeer ontsnap.

Volgens die beoordelaars is dit ‘n drama wat ‘n mens se hare laat regop staan van afwagting. Die regisseur is Johan Rademan.

Suid-Afrikaanse huursoldate word in die Kongo gevange geneem ná ‘n mislukte operasie. Hulle word onder haglike omstandighede in ‘n gevangenis in Pointe-Noire, in die suide van die land, aangehou. Uiteindelik, na twee jaar, slaag die laaste twee oorlewende soldate om te ontsnap. Net een oorleef om hulle storie te vertel.

Regisseursnota
In 1980 het ek as jong student by die Departement Drama by die Universiteit van Stellenbosch aangemeld, nadat ek pas 2 jaar diensplig voltooi het. Met die intrapslag het ek in die eerste vollengte Afrikaanse literêre Kabaret, Met Permissie, gespeel. In die kabaret was daar ‘n uittreksel oor verminkte soldate. Die skrikwekkendheid van oorlog : ‘maar in my gees suis die mortiere”, “my been ..op die veld vergete” , ”nou rol ek daagliks deur die strate” en “wat in die skuiling van die brein…sy bitter eindes enduit veg” het my soos ‘n vuishou in die maag getref.

Nou kry ek die geleentheid om in ‘n semi-dokkie styl as regisseur Pointe-Noire (Ek en die majoor) te regisseer. Jan Lampen het met die louere weggestap in die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie 2016 met sy debuutdrama vir radio. Hy is egter ‘n gesoute TV- en filmvervaardiger. Die styl het oorgespoel in sy werk en die verhaal word vertel vanuit ‘n eerste-persoonsperspektief. Trouens, dit is die enigste oorlewende huursoldaat wat uit ‘n tronk in Pointe-Noire in die suide van die Kongo ontsnap het. Die rol van Kallie word, ook in sy debuut as radiospeler, voortreflik vertolk deur Erik Holm.

Kallie en die majoor,Albert Maritz vorm saam met Andre Terbanche as De Kock, ‘n formidabele trio in Pointe-Noir.

Die uitdaging om die Franssprekende Kongolese uit te beeld word oorkom met uitmuntende werk van Diknek(Chris Madjiet) en Belvie(Zenobia Kloppers) en dit is waar die teater van die verbeelding inskop. ‘n Fangalo ontstaan uit Frans, Engels en Afrikaans. (Radio het ongelukkig nie onderskrifte nie!)

Nog ‘n trio wat vermelding verdien is Ronel, Fransie en Sandra wat o.a die sagte kant in veral die pas uitgeklaarde troepies se lewens speel.

Pointe-Noire (Ek en die majoor) neem jou terug na die harde werklikheid van Angola-oorlogvoering in die 1970’s, die ontrekking van Kubaanse-magte in die 1980’s en die gevolge en uitgelewerdheid van soldaat wees.

Andre Terblanche bring sy kitaar “ army” toe, maar wees verseker…Pointe-Noire (Ek en die majoor), die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie wenner 2016 van Jan Lampen, is nie ligte musiek nie.

Die plek: Point Noire in die Republiek van die Kongo
Hier is foto’s van Pointe Noire, en die tronk van Pointe Noire.

Die spelers tydens die opname in die ateljee

Met hulle kan jy oorlog toe gaan!

Die span wat die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie wendrama, Pointe-Noire(Ek en die majoor) in die Seepunt-ateljee van RSG opgevoer het.

Vlnr agter:Johan Rademan(Regisseur), Cassi Lowers(Produksie), Frieda van den Heever(Fransie), Albert Maritz(Majoor), Zenobia Kloppers(Belvie), Chris Madjiet(Diknek), Andre Terblanche(De Kock).

Voor: Cintaine Schutte(Sandra), Ronel Reldenhuys(Rol) en Erik Holm(Kallie)

Drie soldate: Majoor(Albert Maritz), Kallie(Erik Holm) en De Kock(Andre Terblanche) met die Kongolese bewaarder(Chris Madjiet wat hul gal behoorlik werk in Pointe-Noir(Ek en die majoor).

Erik Holm(Kallie) en Zenobia Kloppers(Belvie) eet bokvleis en dans saam en Angola tydens RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie2016 wenner se opvoering van Pointe-Noir (Ek en die majoor) deur Jan Lampen

Die troepie kan sing! Andre Terblanche(De Kock), Zenobia Kloppers(Belvie,die Kongolese-vrou) en Erik Holm(Kallie,die enigste oorblywende huursoldaat) verken saam die wenteks uit die pen van Jan Lampen, Pointe-Noire (Ek en die majoor) van die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie2016.

Vat so! Chris Madjiet trek die strop styf om Albert Maritz se nek, terwyl troebadoer Andre Terblanche sake fyn dophou. So ‘n bietjie binnepret uit die Seepunt-ateljee in Kaapstad waar die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie2016 wenner opgevoer is.

Musiek vir die ore en ‘n swaar ketting aan die been. Albert Maritz, Chris Madjiet en Andre Terblanche warm op tydens die opname van die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie wenopname van Jan Lampen se Pointe-Noire(Ek en die majoor)

Ronel Geldenhuys en Frieda van den Heever vertolk die rolle van Ronel en Fransie, die vroue van soldate in in die drama Pointe-Noir.

 

 

Ronel Geldenhuys(Ronel),Cintaine Schutte(Sandra) en Frieda van den Heever(Fransie) maal oorlog in die kombuis tydens die opname van die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie2016 se wenstuk van Jan Lampen, Pointe-Noir (Ek en die majoor)

In ligte luim tydens die opname van die RSG/SANLAM Radiodrama-skrywerskompetisie2016 in Seepunt,Kaapstad. Ronel Geldenhuys, Cintaine Schutte, Frieda van den Heever, en Zenobia Kloppers maak kos van die Kaap tot Angola in Jan Lampen se wendrama, Pointe-Noir (Ek en die majoor)