Vind uit hoe ‘n skenkernier deur sleutelgat-chirurgie uitgehaal word
Het jy geweet dat dit nou moontlik is om ‘n skenkernier deur sleutelgat-chirurgie te verwyder, sodat die skenker binne 72 uur huis toe kan gaan? Dít is een van die aspekte van nieroorplanting wat bespreek word, terwyl ons ook van die ontstellende redes wat bydra tot die tekort aan skenkerorgane in die land in die kollig plaas. Ons vestig ook die aandag op drie pasiënte wat op ‘n nieroorplanting wag – dit was vervat in die luisteraarsreaksie op die dokumentêr Twee Pasiënte, wat handel oor ‘n nieroorplanting, die ontvanger en die skenker.