Wat is kanker?

Belangrike feite oor kanker Kankerselle is gewone selle wat verkeerd begin verdeel. Die selle verdeel dikwels vinniger as die normale selle en kan nie die funksie verrig wat normale selle kan nie. Die selle wat onfunksioneel is, vul dan die plek van die normale selle. Kankerselle kan versprei. Die woord ‘maligne’ beteken kwaadaardig en dat die selle kan versprei ek skadelik wees. As ‘n gewas nie kan versprei nie, word dit ‘benigne’ genoem wat goedaardig beteken. Maar selfs goedaardige gewasse kan ook lewensgevaarlik wees, soos bv meningioom (selle van die breinvlies wat vinnig verdeel en groei) wat later druk op normale breinweefsel. Kankerselle kan baie slinks wees: In sommige gevalle soos melanoom en borskanker, kan die kankerselle so lank as 10 jaar in die lang skeletbene gaan skuil en dormant lê, en dan weer later aangeskakel word en verder versprei. … Lees meer Wat is kanker?