Ontmoet Wayde se ma
Odessa Swarts, ma van Olimpiese ster Wayde van Niekerk, het self uitgeblink in atletiek in haar jonger dae, maar dit was nie altyd maklik nie. Odessa was die oudste van drie. Haar ma was ‘n enkelouer en daarom is sy erg geboelie op skool. Sy was nog ‘n tiener toe sy Wayde gehad het.
Haidee Muller het met Odessa oor haar lewensreis gesels.