Luister weer: Margot Luyt lees self haar gunsteling verse

Magdaleen Kruger skryf in RSG se jongste nuusbrief: ”Jy weet al dat Margot Luyt nou klaargemaak het met haar programme Vers & Klank en Kortom op RSG op Dinsdagaande. Ons wens ons geliefde Margot alles van die beste toe met haar gesondheid en ons bedank haar vir haar toewyding en werk as samesteller van dié twee programme, wat sy met liefde, ‘n goeie aanvoeling en insig aangepak het. Die sukses van dié programme is waarlik ‘n veer in Margot se hoed! Die nuwe samesteller en aanbieder is Frieda van den Heever, nie onbekend aan julle wat na RSG se dramas, vervolgverhale en voorlesings luister nie. Haar eerste Vers & Klank word vanaand 25 September uitgesaai en toe ek haar vra waaroor gaan haar eerste Vers & Klank, toe sê sy net ‘dis ‘n verrassing, bly ingeskakel’!” Nou is die geheim … Lees meer Luister weer: Margot Luyt lees self haar gunsteling verse