Dokters diagnoseer só hartprobleme met ‘n stetoskoop


Die nuwe jaar se hartklop is nog vars. Weet jy wat die lub-dub klanke van jou eie hartklop veroorsaak? Hoekom klop ’n baba se hart vinniger as ‘n grootmens s’n? Hoe klink ’n lekkende hartklep? Wat kan ’n dokter vasstel as hy met ’n stetoskoop na ’n baba se hart luister?

Mari Hudson gesels met  Dr Barend Foiurie, ’n pediatriese kardioloog wat verduidelik hoe hartklanke klink en werk.

 

As jy luister na jou hart is die eerste klank wat jou opval, die bekende lub van die lub-dub. Dit word veroorsaak deur die hart se groot pompkamers, die ventrikels, wat saamtrek om bloed uit die hart na die liggaam en longe te pomp.

Mens kan jou hart vergelyk met waterskema bestaande uit damme en ‘n pompstelsel. Om water uit die hoofdam na die landerye te pomp, moet die regte sluise tussen die pompdam en die afvoerkanale oop wees. Anders kan die water nie uit nie. Dan moet die sluise na die inkom-damme toe wees, anders gaan die water met die krag van die pompslag, teruggedruk word in die ontvangdamme.

Dit werk presies dieselfde met die hart tydens die pompslag (sametrekking/sistolie).

Dus wat die hart betref, moet die kleppe wat die bloed uit die ventrikels na die twee groot slagare na die longe en liggaam laat loop (die longslagaar en die aorta) laat, oop wees sodat die bloed oonverhinderd uit die ventrikel in die slagare wat na die liggaam en longe gaan, gepomp kan word. Dus moet die long- en aortaklep elk oop wees. Terselfdertyd moet die kleppe tussen die vulkamers (atria) en pompkamers (ventrikels) toe wees, anders druk die bloed terug in die ontvangkamers. Hierdie kleppe se mediese name is die mitrale en trikuspidale kleppe.

Die eerste hartklank (die lub van die lub-dub) is wanneer die twee mitrale en trikuspidale kleppe sluit en die bloed daarteen klap.

Dan keer alles weer om: die bloed is nou uit die ventrikels (die pompdam), en dit moet nou weer gevul word. Die mitrale en trikuspidale kleppe moet nou oop dat die bloed wat intussen in die atria (die opvangdamme) ingekom het, na die vetrikels kan vloei. Maar om die ventrikels behoorlik te vul, moet die long- en aortakleppe nou eers toe wees. Die fase is is die rustende of vul-fase, en ook bekend as diastolie.

Die tweede hartklank word veroorsaak deur die long- en aortakleppe wat toeklap en die bloed wat daarteen terugval.

Hier is sketse om dit te verduidelik:

systolediastole

Hierdie skets toon hoe die ventrikels saamtrek (links, sistolie) en dan weer gevul word (regs, diastolie)

Hierdie skets toon (andersom as die skets hierbo) eerste hoe die ventrikels gevul word en watter kleppe dan oop en toe is (links, diastolie) en dan watter kleppe oop en toe moet wees met sametrekking (regs).

Hierdie skets toon (andersom as die skets hierbo) eerste hoe die ventrikels gevul word en watter kleppe dan oop en toe is (links, diastolie) en dan watter kleppe oop en toe moet wees met sametrekking (regs).

Die normale  hartklank Lub-dub of S1-S2, word grafies as volg voorgestel:

Normale S1s2 copy

As daar ‘n geruis is tussen die Lub en dub, en dit klink na LUB-sjoep-dub, word dit so voorgestel. Die Sjoep-geluid beteken een van die vier kleppe wat tydens sametrekking moet oop of toe wees, werk nie behoorlik nie, met ander woorde, of die mitrale en trikuspidale kleppe sluit nie behoorlik nie, of die long- of aortakleppe is nie wyd genoeg oop nie.

Die geruis wat klink soos Lub-sjoep-dub beteken die kleppe wat oop moet wees is te styf, of die kleppe wat toe moet wees, lek.

Die geruis wat klink soos Lub-sjoep-dub beteken die kleppe wat oop moet wees is te styf, of die kleppe wat toe moet wees, lek.

As die dokter met sy stetoskoop nie lub-dub hoor nie, maar lub-dubsjoep, beteken dit weereens een van die kleppe werk nie behoorlik. Nou beteken dit die long- of aortakleppe sluit nie behoorlik nie of die mitrale en trikuspidale kleppe is nie oop genoeg nie.

As die dokter met sy stetoskoop nie lub-dub hoor nie, maar lub-dubsjoep, beteken dit weereens een van die kleppe werk nie behoorlik. Nou beteken dit die long- of aortakleppe sluit nie behoorlik nie of die mitrale en trikuspidale kleppe is nie oop genoeg nie.

Só luister die dokter op jou borskas na die hartklanke
Deur op spesifieke plekke op jou borskas te luister waar die geruis die hardste is, kan die dokter vasstel watter klep nie reg werk nie en die geruis veroorsaak.

Só lê jou hart in jou borskas.

Só lê jou hart in jou borskas.

Dis die plekke op die borskas waar 'n dokter op 'n grootmens na die kleppe luister.

Dis die plekke op die borskas waar ‘n dokter op ‘n grootmens na die kleppe luister.

Hier is nog 'n skets om jou te help om te sien waar die klanke op jou borskas gehoor kan word.

Hier is nog ‘n skets om jou te help om te sien waar die klanke op jou borskas gehoor kan word.

Só stem die plekke op die borskas ooreen met die ribbes en die hart agter die ribbes.

Só stem die plekke op die borskas ooreen met die ribbes en die hart agter die ribbes.

© Marí Hudson

Lees ook meer oor hartdefekte by babas.