Wynbedryf se Covid-herstelplan


Die Suid-Afrikaanse wynbedryf, spesifiek die wyntoerismesektor, is ongetwyfeld die landbousegmente wat die ergste deur Covid-19-beperkings geraak is. As deel van die bedryf se rampherstelplan, is Vinpro aktief in gesprek met die onderskeie regeringsdepartemente om ondersteuningsprogramme voor te stel wat werksverliese in die sektor kan verhoed of verminder. Vinpro is verheug dat die Wes-Kaapse Departement van Landbou ʼn toelaag vir werknemers in die wyntoerismesektor goedgekeur het deur middel van die Ondersteuningstipendium vir Wyntoerismewerkers.

RSG Landbou 27 November 2020