85 Jaar: Sporthoogtepunte en oud-sportkommentators vertel

Die klem op sportgeleenthede wat deur ons top sportkommentators beskryf is, word in hierdie progranm saamgevat deur Terrence April. Daar is die trotse oomblikke toe drieë deur ons voorste rugbyspelers gedruk is, soos Syd Nomis, Chester Williams, Breyton Paulse en Frik du Preez. Ons hoor ook van die laaste oomblikke van die titaniese stryd op die tennisbaan toe Suid-Afrika die eerste en enigste keer die Federasiebeker gewen het. Van die atlete wie se glorieryke oomblikke vasgevang is in klank, is Fanie van Zyl, Hezekiel Sepeng, Elana Meyer en Marius Corbitt. Jy sal ook kan luister na grepe uit die eerste Springboktoets vir vroue; oorwinnings in die swembad deur Penny Heyns en Karin Muir; en die Pollock broers en Barry Richards sorg vir trotse oomblikke. Gary Player praat oor die belangrikheid van sport in Suid-Afrika, en daar is die uitsonderlike oomblikke … Lees meer 85 Jaar: Sporthoogtepunte en oud-sportkommentators vertel