85 Jaar: Sporthoogtepunte en oud-sportkommentators vertel


Die klem op sportgeleenthede wat deur ons top sportkommentators beskryf is, word in hierdie progranm saamgevat deur Terrence April.

Daar is die trotse oomblikke toe drieë deur ons voorste rugbyspelers gedruk is, soos Syd Nomis, Chester Williams, Breyton Paulse en Frik du Preez.

Pat Walkden Pretorius

Ons hoor ook van die laaste oomblikke van die titaniese stryd op die tennisbaan toe Suid-Afrika die eerste en enigste keer die Federasiebeker gewen het.

Van die atlete wie se glorieryke oomblikke vasgevang is in klank, is Fanie van Zyl, Hezekiel Sepeng, Elana Meyer en Marius Corbitt.

Graeme Pollock

Jy sal ook kan luister na grepe uit die eerste Springboktoets vir vroue; oorwinnings in die swembad deur Penny Heyns en Karin Muir; en die Pollock broers en Barry Richards sorg vir trotse oomblikke.

Gary Player

Gary Player praat oor die belangrikheid van sport in Suid-Afrika, en daar is die uitsonderlike oomblikke in die kleedkamer toe afrigter Johan Claasen die Springbokspan toespreek na afloop van ‘n grootse oorwinning tydens die onoorwonne Boktoer in Australië.

Luister na gesprekke met voormalige sport-kommentators:

Jan Snyman het diep spore in die sport-uitsaaiwêreld getrap. Hy was eers by radio betrokke en later by televisie. Pieter van den Berg het met Jan gesels.

Heinrich Marnitz was nie net ‘n sportuitsaaier nie, maar ook sportorganiseerder by die Afrikaanse Radiodiens en Radio Suid-Afrika. Pieter van den Berg het met Heinrich daaroor gesels.

 

Chris Swanepoel was sedert 1983 by Afrikaanse radio betrokke. Pieter van den Berg het hom oor sy sportuitsendings uitgevra.

Die voormalige direkteur-generaal van die SAUK, Steve de Villiers het op sy kenmerkende manier met briljante taalgebruik die ikone en groot sportprestasies en gebeure in Suid-Afrikaanse sport vasgevat in sy reeks, Kantlynkaviaar. Herleef Oom Steve se laaste Kantlynkaviaar, wat hy opgedra het aan Suid-Afrika se sportman van die eeu, Gary Player.

Piet Strydom het as speler en administrateur sy merk in sport gelaat. Hy was ook as opsommer en ontleder by radio betrokke. Pieter van den Berg beloer saam met Piet sy loopbaan.

 

Marius du Plooy was meer bekend as aanbieder van Monitor en Spitstyd. Hy het egter met heelwat sport te doen gekry tydens sy uitsaaijare in Nederland. Pieter van den Berg het met Marius gesels.

Niekie van den Berg was veral bekend vir Sê Wie, maar hy het ook baie sport uitgesaai. Pieter van den Berg gesels met Niekie oor sy sportkommentaar op RSG.

Zandberg Jansen het op radio, en later op TV, rugbyliefhebbers as vriende of vyande laat vergader wanneer hy sy rugbybespreking, Springbokbarometer en Spervuur, aangebied het. Luister na die heel laaste barometerbydrae op radio saam met Heinrich Marnitz en Zandberg Jansen.