Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum beplan ‘n nuwe kragentiteit om mense onafhanklik van Eskom te maak. Kallie Kriel vertel dat Projek AfriEnergie in drie fases ontwikkel gaan word. Fase 1 is om soveel mense as moontlik aan te moedig om op hul huise of sakeondernemings se dakke sonpanele aan te bring sodat hulself onafhanklik te word van Eskom en om oortollige krag in die netwerk terug te voeg. Om dit reg te kry, sal Afriforum veg vir subsidiëring van sonpanele en om die vergoeding vir terugplaas van oortollige krag in die netwerk sodanig te maak dat dit as insentief kan dien. Afriforum het ‘n gids laat saamstel om mense te help om die regte sonpanele, batterye en installeerders te kies. Klik hier vir die gids: https://afriforum.co.za/mykrag/ As jy toegang het tot Netwerk24, is hierdie ‘n goeie opsomming: https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/energie/hier-is-jou-volledige-gids-vir-jou-eie-sonkrag-20230203 Fase 2 is om meer munisipaliteite … Lees meer Afriforum se Kragplan vir die land