Afriforum se Kragplan vir die land


Afriforum beplan ‘n nuwe kragentiteit om mense onafhanklik van Eskom te maak.

Kallie Kriel vertel dat Projek AfriEnergie in drie fases ontwikkel gaan word.

Fase 1 is om soveel mense as moontlik aan te moedig om op hul huise of sakeondernemings se dakke sonpanele aan te bring sodat hulself onafhanklik te word van Eskom en om oortollige krag in die netwerk terug te voeg.
Om dit reg te kry, sal Afriforum veg vir subsidiëring van sonpanele en om die vergoeding vir terugplaas van oortollige krag in die netwerk sodanig te maak dat dit as insentief kan dien.
Afriforum het ‘n gids laat saamstel om mense te help om die regte sonpanele, batterye en installeerders te kies.
Klik hier vir die gids: https://afriforum.co.za/mykrag/

As jy toegang het tot Netwerk24, is hierdie ‘n goeie opsomming:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/energie/hier-is-jou-volledige-gids-vir-jou-eie-sonkrag-20230203

Fase 2 is om meer munisipaliteite te oorreed om die bestuur van kraglewering, insameling van tariewe en oorbetaling aan Eskom in die hande van die private sektor toe te ken. Dit gebeur reeds in Frankfort en die Mafube munisipaliteit wat nou krag aan dié gebiede lewer teen ‘n laer tarief as ander dorpe.

Fase 3 behels die installering van modulêre korrelbed kernreaktors, wat nie dieselfde gevare inhou van groot kernreaktors soos Chernobyl nie.
Een só reaktor kan ‘n stad, groot dorp of ‘n paar naasliggende dorpe saam bedien.