Amore Bekker – Tyd om te groet

Die bekroonde radio-omroeper Amore Bekker, tans aanbieder van die oggendprogram Alhoebekker op RSG, gaan ná sowat twee dekades ’n paar nuwe horisonne betree, weg van die radiomikrofoon. Bekker sal op Vrydag 28 April 2023 van 09:00 tot 12:00 Alhoebekker vir die laaste keer aanbied. Bekker, wat destyds ’n dramagraad verwerf het, is ’n vernuwende uitsaaier, wat ook ’n aantal topverkoperboeke gepubliseer het wat op haar programme en insetsels geskoei is. Sy het in 2003 by RSG begin met die program Brekfis met Bekker, en toe volg Tjailatyd, die huistoery-program wat sy vir twaalf jaar aangebied het. Dit het weer tot die publikasie van die Tjailaresepte-boeke gelei. Later het Hartstories – Huis toe met ‘n ligter tred gevolg. Dié boek is geskoei op die “Saamrystories” wat Bekker in haar program op lug voorgelees het. Een van die gewilde insetsels op Tjailatyd … Lees meer Amore Bekker – Tyd om te groet