Die Baaise Oppiwater was ‘n heerlike mallemeulevaart

Die Oppiwaterkunstefees2022(Nr1) was ‘n mallemeulevaart van kuns, kultuur, musiek, kos, dekpartytjies en vermaak op die reuse MSC Orchestra vaartuig van bykans 300m lank, 60m breed en 15 verdiepings(dekke) hoog. Die vaart sou reeds in 2020 onderneem word, maar agv die Corona-pandemie het dit nou eers plaas gevind, skryf Johan Rademan naday hy die Baaise vaart meegemaak het. Ook Haidee Muller-Isaacas en Jody Hendricks deel hul ervarings. Johan Rademan skryf: Hierdie unieke mengsel van bedrywighede op ‘n drywende skip, ver van die alledaagse sleurstroom en uitdagings op land, onderskei RSG en Lefra-produksies se poging van alle ander kunstefeeste wat soos ‘n aflosstok, bymekaar oor die jare  oorgeneem het. RSG met die lieflike lojale luisteraars kry die volle fokus tydens die vaart en die toewyding van die omroepers en programme van RSG duik telkens op in die samesyn tydens die vaart. In … Lees meer Die Baaise Oppiwater was ‘n heerlike mallemeulevaart