Die Baaise Oppiwater was ‘n heerlike mallemeulevaart


Die Oppiwaterkunstefees2022(Nr1) was ‘n mallemeulevaart van kuns, kultuur, musiek, kos, dekpartytjies en vermaak op die reuse MSC Orchestra vaartuig van bykans 300m lank, 60m breed en 15 verdiepings(dekke) hoog. Die vaart sou reeds in 2020 onderneem word, maar agv die Corona-pandemie het dit nou eers plaas gevind, skryf Johan Rademan naday hy die Baaise vaart meegemaak het. Ook Haidee Muller-Isaacas en Jody Hendricks deel hul ervarings.

Johan Rademan skryf:

Hierdie unieke mengsel van bedrywighede op ‘n drywende skip, ver van die alledaagse sleurstroom en uitdagings op land, onderskei RSG en Lefra-produksies se poging van alle ander kunstefeeste wat soos ‘n aflosstok, bymekaar oor die jare  oorgeneem het. RSG met die lieflike lojale luisteraars kry die volle fokus tydens die vaart en die toewyding van die omroepers en programme van RSG duik telkens op in die samesyn tydens die vaart. In die eetkamers, restaurante,  koffiewinkels, kroegies, teaters, vermaaklikheidsruimtes op die dek of sommer so in die verbystap oppad na die sonnig dek, ‘n uithaler vertoning of aangename ete met Van loveren wynpasmaaats.

Johan in aksie met CHriosto Snyman. Foto: Odette Putzier vir Lefra

Die ruim etes (dag en nag) tesame met meer as 30 Afrikaanse-produksies wat verskeie ernstige lewenstemas uitdaag en aanspreek soos gender, LBGTQI-gemeenskapskwessies, VIGS, Verlies en dood, maar ook die genietinge van die lewe met uitbundige en treffende musikale vertonings, maak dit ‘n unieke konsep, wat sover bekend, die Oppiwaterkunstefees die enigste drywende kunstefees ter wereld maak.

Ook die wat aan wal staan se lof word besing en hiervoor verdien RSG-bestuur en die ondersteuningspersoneel wat so hard agter die skerms werk ‘n guitige feesdrankie.

Pina Colade

‘n Piña colada

(’n tropiese mengeldrankie van kokosneutroom, wit rum en geurige pynappelsap)

Bestandele

(vir een drankie, want julle moet nog werk)

  • 120ml pynappelsap
  • 50 ml wit rum
  • 60ml kokosneutroom
  • Garnering(opsioneel)-‘n pynappelwiggie en feessambreeltjie

Metode: (Verkieslik in ‘n lang glas)

Puls al die bestandele met “ ‘n handvol ys uit die suidpoolwyk” en versier met die garnering.

Wenk: piña colada mocktail (alkoholvry) gebruik 25 ml rumgegeurde stroop. (vir die wat reeds werk)

Haidee Muller-Isaacs vertel:

Die aanvanklike idee om van Kaapstad na Walvisbaai en Swakopmund te vaar moes weens Covid19-protokolle na Gqeberha (PE) herlei word. Hier het ek ervaar hoe uitgehonger mense vir reis was. Daar was weinige klagtes en die dringendheid om kunstenaars weer ‘n platform te verskaf om hulself uit te leef, maar ook brood op die tafel te kry, is met ruim harte deur die 1600 RSG-feesgangers aangegryp.

Die kunstenaars was wyduiteenlopend en vir 5 dae lank is daar gelag, gehuil, bepeins en besin oor die lewe. Veral in die post-Covidtyd was dit ter sake en het die RSG-luisteraars die diepte en omvang van so ‘n unieke vaart eerstehands ervaar.

Die beste stuurlui staan aan wal, maar anders as die betekenis van die idiomatiese uitdrukking in Afrikaans was die mense aan wal net so belangrik.

RSG se regstreekse uitsendings via satteliet was nie net eksklusiewe materiaal nie, maar ook vir die wat nie die vaart van Oppiwater, weens verskeie redes kon meemaak nie, ‘n geleentheid om met die kragtige medium van radio, teater van die verbeelding, te kon ervaar.

10 Regstreekse uitsendings is in Spitstyd, Brekfis met Bekker, Spektrum en ReisSonderGrense gedurende die Januarie vaart aangebied met Johan Rademan, Haidee Muller-Isaacs, Jody Hendricks en Suzanne Paxton. Die wyse waarop die omroepers omarm is deur die RSG-luisteraars was net eenvoudig fenominaal en om met die diversiteit van programme wat aangebied is almal te kon bereik wat ingeskakel het(en kom luister het op die 13de dek van die MSC Orchestra) was verbysterend.

Die SAUK RBF-personeel, Cathy Lowers en Kilian Abrahams (klankproduksie), was integraal in die sukses van die buite-uitsendings, maar ook die radioteater wat regstreeks voor ‘n gehoor opgeneem is. Die genre bly ‘n treffer in RSG se verskeidenheid van programme en luisteraars geniet die ervaring om ‘n slag saam, asof in die ateljee, dit eerstehands  te kan ervaar. Vanjaar is die Feesdirekteur vn Lefra se Oppiwater, Frans Swart en die gesoute radiospeler Elma Potgieter gebruik in Albert Short se drama, Die nagbesoekers, wat iewers in die toekoms op RSG uitgesaai sal word.

Persoonlike hoogtepunt van die vaart: Rocco se konsert – syne was die laaste konsert die Sondag voordat ons sou land in die Kaap. Dit was meesterlik en asembenemend mooi.

Dit was nogal vir my heerlik om stories te kry by die mense wat die vaart meegemaak het. Dit was van die lekkerste gesprekke wat ek nog gehad het en verblydend om te sien hoe RSG se luisteraars hulself geniet by die dekpartytjies – veral hoe hulle dans en feesvier. Ek het self sommer ingespring en saamgedans.

 

Die man by wie ek sit se  naam is Gert van Wyk. Sy storie is hoeka vandag op lug.

Haidee oppiwater.

Gert van Wyk as atleet.

Gert van Wyk en sy vrou Charmaine.

HIermee ‘n video van Gert en hoe hy dans saam met sy vrou Charmaine. Gert is sedert 1986 aan ‘n rolstoel vasgekluister, ek het hom daar ontmoet. Hy was al male sonder tal op die MSC vir die Oppiwater Kunstefees. Gert het uitgeblink in rolstoel-atletiek, hy spog met ‘n hele rits medaljes en sy storie het my nogal vreeslik baie aan die hart geruk toe ons ontmoet het op die skip.

 

Jody Hendricks vertel

Jody met sy mikrofoon. Foto: Odette Putzier vir Lefra

Die Oppiwater fees was die eerste keer  wat ek op skip soos die MSC Orchestra gevaar het, bietjie teleurgesteld dat dit nie Namibië toe was nie, maar die vaart Gqeberha toe was ook vol opwinding. ‘n Persoonlike hoogtepunt was om ‘n show met Johan Rademan te doen. Ek was verras met hoeveel mense dit bygewoon het net om na ons uitsaai stories by sport wedstryde te luister.

ody voor die

Jody voor die skippie.

Ek het die geriewe op die skip baie geniet, veral die Jacuzzi. Dan ook die vertonings , veral Jak De Priester, Rocco De Villiers en Helene Bester. Die interaksie met die luisteraars was ook ‘n belewenis , baie het kom praat oor hoe hulle die fees geniet en hulle nou ‘n gesig by die stem op radio kan plaas.

Moenie die volgende Oppiwater misloop nie

Oppiwater2020 is afgehandel van Kaapstad na Gqebergha as Nr1 in 2022 en nou wag 2021 se vaart…

Oppiwater2022(Nr2) 4-8 April van Durban na Pomene met RSG omroepers Johan Rademan, Derrich Gardener en Amore Bekker – ‘n Guitige spannetjie.

Oppiwater kunstefees in April 2022 na Mosambiek se Pomene