Eerste in Afrika: hartritme-defek met nuwe tegnologie behandel

Die eerste geval in Afrika waar ’n pasiënt met revolusionêre nuwe tegnologie behandel is om ‘n hartritme-defek te herstel, is Maandag in die Kaapse Skiereiland gedoen. Die nuwe tegnologie bekend as elektro-porasie is uiters nuut, maar baie opwindend en kan moontlik tot ’n omwenteling in die behandeling van nie net atriale fibrillasie nie, maar alle ander hartritme-defekte lei. Die eerste pasiënt, mnr Robert Reynecke (59) van Proteavallei, het kort na die prosedure, gelimlag. Geen teken van die hartritme-defek is sigbaar nie en kon selfs nie eens met verskeie probeerslae in die teater weer opgewek word nie. Marí Hudson was daar. Luister vandag om 11:30 na Gesondheid op RSG. Mnr Reynecke se hartklop-ritme is nou normale sinus-ritme, het Dr Razeen Gopal, hartritme-spesialis van die Cape Town AF Center by die Panorama Mediclinic in die Kaapse Skiereiland gesê. Die nuwe tegnologie, bekend … Lees meer Eerste in Afrika: hartritme-defek met nuwe tegnologie behandel