Hele programreeks oor borskanker

In ‘n programreeks van vyf episodes kyk Marí Hudsopn na verskillende aspekte van borskanker. In die eerste episode het Dr Ettienne Myburgh, chirurg en hoof van die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie, gesels oor die moets en moenies van ‘n mastektomie. Hy bespreek alles wat jy moet vasstel voordat enige behandeling of chirurgie begin, dat oorhaastige radikale en verminkende chirurgie onaanvaarbaar is, dat dit beste is o, ‘n onmiddellike rekonstruksie saam met ‘n mastektomie te doen. https://www.rsgplus.org/die-nuutste-feite-oor-n-mastektomie/ In die tweede episode vertel Dr Lizanne Langenhoven, onkoloog verbonde aan die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie meer oor die diagnose, die toetse en biopsies, die klassifikasie van borskanker en die behandeling. Dit is van groot belang dat pasiënte wat met borskanker gediagnoseer word, diep asemhaal en nie holderstebolder in ’n radikale mastektomie injaag nie. Daar is tyd. Goeie en deeglike ondersoeke en … Lees meer Hele programreeks oor borskanker