Hele programreeks oor borskanker


In ‘n programreeks van vyf episodes kyk Marí Hudsopn na verskillende aspekte van borskanker.

Dr Ettienne Myburgh

In die eerste episode het Dr Ettienne Myburgh, chirurg en hoof van die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie, gesels oor die moets en moenies van ‘n mastektomie. Hy bespreek alles wat jy moet vasstel voordat enige behandeling of chirurgie begin, dat oorhaastige radikale en verminkende chirurgie onaanvaarbaar is, dat dit beste is o, ‘n onmiddellike rekonstruksie saam met ‘n mastektomie te doen.

https://www.rsgplus.org/die-nuutste-feite-oor-n-mastektomie/

Dr Lizanne Langenhoven

In die tweede episode vertel Dr Lizanne Langenhoven, onkoloog verbonde aan die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie meer oor die diagnose, die toetse en biopsies, die klassifikasie van borskanker en die behandeling. Dit is van groot belang dat pasiënte wat met borskanker gediagnoseer word, diep asemhaal en nie holderstebolder in ’n radikale mastektomie injaag nie. Daar is tyd. Goeie en deeglike ondersoeke en toetse kan die soort borskanker, die stadium en die behandeling bepaal, jou moontlik chemoterapie spaar, en jou kans op 10 jaar oorlewing verbeter. Maar alles begin met gereelde mammogramme, want een uit agt vroue sal borskanker ontwikkel.

https://www.rsgplus.org/een-uit-8-vroue-kry-borskanker-gereelde-mammogramme-kan-verskil-tussen-vroee-en-laat-stadium-betekenvir-vroee/

In die derde episode vertel ‘n borskankerpasiënt oor haar reis met borskanker.  “My reis met borskanker was nie altyd maklik of sonder pyn nie, maar dit was goed.” Só gesels Lana Ehlers oor haar belewenis met  borskanker. Sy vertel eerlik van die skok van die diagnose, hoe dinge aan haar en binne haar verander het.

‘n Onkoloog dui ook aan of jaarlikse opvolg- pet- of CT-skanderings ’n goeie ding is of nie.

https://www.rsgplus.org/my-reis-met-borskanker/

In die vierde episode beantwoord borskankerspesialiste luisteraars se vrae.
Luister na antwoorde van Dr Ettienne Myburgh op vrae oor ‘saline’ inplantings, limf-edeem, die plek van mammogramme en jaarlikse borsondersoeke deur ‘n dokter.
Luister hier na die program.

In die vyfde en laaste episode in die reeks op 9 November, beantwoord onkoloog Dr Lizanne Langenhoven vrae oor hormoonbehandeling, en biologiese middels, en kyk ons ook na hittegloede weens hormoon-onttrekking en of iets dié probleem kan verlig.
Klik hier vir die program.