Hoe gevaarlik is oordosering met parasetamol, antihistamiene, ysteraanvullers, motbolle, Two-step?

Waarom is dokters so besorg oor parasetamol-oordosisse? Kan ysterpille gevaarlik wees vir kinders? Wat van anti-allergiese middels? Sal ’n kind oorleef as hy ’n halwe teelepel Two-Step ingekry het? Mari Hudson gesels met ’n toksikoloog, Carine Marks, toksikoloog en direkteur van die Tygerbergse Gifinligtingsentrum, om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer. Die landwye vergifting-hulplyn: 0861 555 777. Die groot aantal mense in Suid Afrika wat sterf nadat hulle per ongeluk vergiftig is, is ʼn belangrike openbare gesondheidsprobleem, veral in landelike gebiede waar onmiddellike toegang tot gesondheidsorgfasiliteite nie altyd moontlik is nie. Na raming is daar ongeveer ʼn halfmiljoen mense in Suid-Afrika wat jaarliks aan toevallige of doelbewuste vergiftiging blootgestel word. “Maar baie vergiftigings kan verhinder word en lewens gered word as mense oor die basiese inligting beskik oor vroeë behandeling voor opname in die hospitaal,” sê me … Lees meer Hoe gevaarlik is oordosering met parasetamol, antihistamiene, ysteraanvullers, motbolle, Two-step?