Hoe gevaarlik is oordosering met parasetamol, antihistamiene, ysteraanvullers, motbolle, Two-step?


Waarom is dokters so besorg oor parasetamol-oordosisse?

Kan ysterpille gevaarlik wees vir kinders? Wat van anti-allergiese middels?

Sal ’n kind oorleef as hy ’n halwe teelepel Two-Step ingekry het?

Mari Hudson gesels met ’n toksikoloog, Carine Marks, toksikoloog en direkteur van die Tygerbergse Gifinligtingsentrum, om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer.

Die landwye vergifting-hulplyn: 0861 555 777.

Die groot aantal mense in Suid Afrika wat sterf nadat hulle per ongeluk vergiftig is, is ʼn belangrike openbare gesondheidsprobleem, veral in landelike gebiede waar onmiddellike toegang tot gesondheidsorgfasiliteite nie altyd moontlik is nie. Na raming is daar ongeveer ʼn halfmiljoen mense in Suid-Afrika wat jaarliks aan toevallige of doelbewuste vergiftiging blootgestel word.

“Maar baie vergiftigings kan verhinder word en lewens gered word as mense oor die basiese inligting beskik oor vroeë behandeling voor opname in die hospitaal,” sê me Carine Marks, ʼn spesialis in gifinligting en die Direkteur van die TGIS.

“Dit neem slegs ʼn minuut of twee om te leer hoe om vergiftiging te verhinder en wat om te doen indien dit gebeur. Deur die inligting beskikbaar te stel in al 11 tale, wil ons seker maak dat die toepaslike inligting in ʼn persoon se taalvoorkeur beskikbaar is,” sê Marks.

Laai ʼn gifinligtingskaart in die taal van jou keuse af by: www.sun.ac.za/poisoncentre.

Kontakbesonderhede vir die Tygerberg-gifinligtingsentrum:

24-uur-noodnommer: 0861 555 777
E-pos: toxicology@sun.ac.za
Webwerf: www.sun.ac.za/poisoncentre

As jou kind paraffien gesluk het
Moenie die kind laat braak nie. Dit kan longaantasting veroorsaak. Kom so gou moontlik by ‘n hospitaal uit.

As jou kind motbolle ingekry het
Moenie die kind laat braak nie. Moenie die kind melk laat drink nie. Dit sal die naftaleengif se werking versterk. Gee eerder bietjie water. Kom by ‘n hospitaal uit.

Two step ‘rotgif’
chumbinho_proibido_1Een teelepel is genoeg om ‘n volwassene dood te maak. Dit lyk soos swart suiker of swart peper. Dit is ‘n karbamaat en werk soos ‘n organofosfaat – baie vinnig na inname is daar braking, diarree, sweet, spoeg by mond en ook sekresies op longe wat asemhalingsprobleme veroorsaak. Kry dieselfde simptome in honde as honde vergiftig word.

Gewone rotgif veroosaak bloeding. Jy moet omtrent ‘n hele boks eet, en dit veroorsaak geleidelik simptome en nie onmiddellik nie.

As dit ernstig is, kan die pasiënt tot ses maande lank Vitamien K inspuitings benodig om bloedings te keer.

As baie pille gesluk is
Die meeste navrae is oor parasetamol oordosering. Sowat 10g parasetamol is genoeg om ‘n volwassene dood te maak. Dit is 20 500mg pille binne 24 uur. Dié doserings veroorsaak sowat 48 uur later lewerskade, wat permanente lewerskade kan wees en dan tot die dood lei. Dit lyk dus aanvanklik of die persoon okei is, maar dan twee dae later, tree die lewerskade in en daar kan min gedoen word om die persoon se lewe te red.

Te veel aspiriene en te veel ysterpille is ook lewensgevaarlik. ‘n Hoë dosis ysterbevattende vitamiene kan tot bloedstollings probleme lei.