Israel en Hamas: Wat is die waarheid?

Sedert die onverwagse tereur-aanval van Hamas op Saterdag 7 Oktober 0p burgelike Israelis in die Gasa-strook is dié streek ‘n oorlogsone en dreig ‘n volskaalse oorlog tussen Israel en Palestina. Die Hamas-aanval in Gasa en op ander teikens in Israel is geloods op die 50ste herdenking van die Yom Kippoer oorlog tussen Israel en Egipte en Sirië. Om die jongste standpunte te volg, om te probeer sin maak van die gebeure en om te probeer vasstel wat die volgende stappe kan wees, bring Op en Wakker ‘n reeks baie relevante onderhoude vir luisteraars. In die jongste gesprek, vertel die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Hanan Jarrar, met die span van Op en Wakker. Luister ook na onderhoude met Max Regev, raadgewer van die Israelse eerste minister, die Sioniste Fedrasie in SA en nóg gesprekke en onderhoude om perspektief in te win. … Lees meer Israel en Hamas: Wat is die waarheid?