Luister weer na komiese drama deur Albert Short

Luister Donderdagaand net na 20:00 na ‘n komiese radiodrama uit die pen van Albert Short. Die radiodrama speel in die tydperk van die Anglo-Boereoorlog af. Die storie ‘n Kaal man word in die vlak waters van die rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die Anglo-Boereoorlog is in volle swang. Is hy Boer of Brit? Vriend of Vyand? Tussendeur raak die verpleegster verlief op hom. En iemand raak jaloers – en die stomme Moses, al kan hy nie ‘n vinger lig of ‘n woord sê nie, verkeer in doodsgevaar! Hierdie is ‘n absurde komedie wat afspeel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899 tot 1902 in Suid-Afrika gewoed het. Dit was Boer teen Brit, en om in daardie tyd sonder identiteit te wees, moes … Lees meer Luister weer na komiese drama deur Albert Short