Luister van vanaand na voorlesing van ‘Die uurwerk kantel’ op RSG

  Die nuwe aandboekvoorlesing op RSG is die klassieke roman, Die uurwerk kantel, deur Marié Heese.  Die roman het die eerste keer in 1976 verskyn en het sedertdien talle herdrukke beleef.  Die titel van die roman is ontleen aan die gedig, Suiwer Wiskunde, deur NP van Wyk Louw. Kortliks die storie:  Die bejaarde Maria du Preez, gebore Celliers, kyk terug op haar lewe.  Die dinge wat met haar gebeur het en wat sy beleef het; die mense wat haar pad gekruis het, en groot politieke gebeure soos die Anglo-Boereoorlog, die Groot Griep van 1918, twee Wêreldoorloë en die politieke stryd rondom 1948. Die storie strek oor vier geslagte – vanaf haar kinderdae op ‘n wynplaas, haar studentelewe, huwelik en gesinslewe.  Maar ook oor afskeid en verlies, en bowenal liefde.  Die skrywer, Andre P Brink het oor Die uurwerk kantel gesê … Lees meer Luister van vanaand na voorlesing van ‘Die uurwerk kantel’ op RSG