‘n Vitamien-drup by ‘n IV bar is ‘gekkespul’ maan dokter

Die jongste gesondheidsgier is om ’n vitamienkroeg te besoek om ’n mengsel van vitamiene, anti-oksidante of aminosure binne-aars te ontvang. Hou dit voordele vir jou gesondheid in? Wat moet jy weet voordat jy toelaat dat iemand ’n mengsel regstreeks in jou bloedstroom indrup? Marí Hudson praat hieroor met prof Tess van der Merwe,  endokrinoloog van Pretoria. Neem kennis 1. Volgens die reëls van die SAHPC mag binne-aarse middels slegs toegedien word in die teenwoordigheid van ‘n dokter, in ‘n spreekkamer, kliniek of hospitaal met Kode Blou toerusting en opgeleide personeel om die pasiënt se hart onmiddellik aan die gang te skok in die geval van anafilaktiese skok. 2. Die ampule van die middels moet voor die kliënt gebreek word voordat dit by die draervloeistof gevoeg word. 3. Van die middels wat op die spyskaarte is, kan onder meer tot ‘n … Lees meer ‘n Vitamien-drup by ‘n IV bar is ‘gekkespul’ maan dokter