Afrikaanse rymklets is verstommend groot

Ons nuwe musiekprogram Rymlets sonder grense op Donderdae om 20:30, is goed op dreef. In dié reeks van 13 episodes neem Frazer Barry die luisteraar op die voetspore van Rymklets.  Die program belig die herkoms van die musiekgenre en die verskeie ontwikkelingsfases wat gelei het tot die status wat dit vandag geniet. Die aanbieder belig verskeie aspekte van rymklets soos die ontstaan, geskrewe vorm en kulturele impak daarvan. Frazer vertel meer oor die program en wat jy kan verwag: Afrikaanse rymklets se storie het vele fasette en vorms. As aanbieder moet ek saam met die luisteraars op die voetspore van die leidrade wat nagelaat is loop. Ons ontdek nuwe dinge. Ons vind nuwe verwysings. Ons leer saam. Afrikaanse rymkletsmusiek se aanhang is besig om te groei en dit is wonderlik om dit te weet. Dit is ook goed om te … Lees meer Afrikaanse rymklets is verstommend groot