Afrikaanse rymklets is verstommend groot


Frazer Barry

Ons nuwe musiekprogram Rymlets sonder grense op Donderdae om 20:30, is goed op dreef. In dié reeks van 13 episodes neem Frazer Barry die luisteraar op die voetspore van Rymklets.  Die program belig die herkoms van die musiekgenre en die verskeie ontwikkelingsfases wat gelei het tot die status wat dit vandag geniet. Die aanbieder belig verskeie aspekte van rymklets soos die ontstaan, geskrewe vorm en kulturele impak daarvan.

Frazer vertel meer oor die program en wat jy kan verwag:

Afrikaanse rymklets se storie het vele fasette en vorms. As aanbieder moet ek saam met die luisteraars op die voetspore van die leidrade wat nagelaat is loop. Ons ontdek nuwe dinge. Ons vind nuwe verwysings. Ons leer saam.

Afrikaanse rymkletsmusiek se aanhang is besig om te groei en dit is wonderlik om dit te weet. Dit is ook goed om te weet dat daar jong manne en vroue is wat hard werk om die kunsvorm te beoefen en te ontwikkel.

Ons hoop dat die program mense sal opvoed oor die agtergrond van die kunsvorm en dat luisteraars ook die mense wat dit beoefen kan leer ken. Hoe ons ookal na Afrikaans Rymklets kyk, die feit is, dat dit hier is om te bly en dat ons nog baie daarvan gaan hoor in die toekoms.

Die profiel onderhoude met my gaste is die belangrikste van al die segmente aangesien elke gas ‘n unieke invalshoeke en ervaring het.

 Dit is belangrik om die storie agter die musiek te hoor.

‘n Mens kan ongelukkig nie met almal onderhoude voer nie maar die gedagte was om soveel verskeie invalshoeke as moontlik te dek. Die groep kunstenaars wat dus op die program gaan wees en reeds verskyn het, wissel van onbekende tot meer bekende rolspelers in die Afrikaaans Rymklets beweging. Verskeie streke word verteenwoordig asook vroue-rymkletsers. Die musiek word as voorbeelde gebruik van die verskeie intrepretasies van die ritmes deur die rymkletsers vanoor Suid-Afrika.

Die geskrewe vorms van verskeie rymkletsers se werk word ook deur akademeci ge-naliseer in die konteks van die geskrewe taal en digkuns.

 Ek wou baie graag as dokumenteerder, die luisteraar help om die karakter te verbind met die musiek. Daar is baie onbesonge helde en heldinne wat hul eie stories van hul persoonlike reis met die kunsvorm het. Die streke. Die verskeie Afrikaanse tonge. Die lewens geïmpak. Die lewens gered as gevolg van die musiek. Die genesing in die musiek. Die agtergrond en ervaring van die kunstenaars. Die uitdagings. Die wroeging.

 Die kunstenaars was baie tegemoetkomend. Dit was asof die tyd reg was vir Afrikaanse rymklets om ’n gedeelte van die Afrikaanse rymklets legkaart in die groter prent te plaas.

 Daar is honderde Afrikaanse rymklets musiek en kunstenaars. Sommige dink dat dit duisende kan wees wanneer ’n mens so kyk na die verskeie musiek vrystellings op die verskeie sosiale media platforms. Die vraagstuk was uit die staanspoor: Wat is ons storie as rymkletsers? Die storie van die verskeie karakters op die program het dus die musiek verbygesteek in terme van belangrikheid. Die musiek is meer toegangkliker ,maar die toegang tot die kunstenaars se proses en hul lewens is wat belangrik was vir die Rymklets Sonder Grense program. Die musiek is dus musikale uitstallings en kunswerke wat sensories elke keer iets anders aan die luisteraar bied.

Henrico Fortuin

In die eerste episode was  my gas Henrico Fortuin van Paarl / Hy is ‘n “Beatmaker” / Vervaardiger onder die alias Rebel Beats.

In episode twee het die luisteraars Charlton Davids, ‘n vervaardiger en rymkletser van Worcester ontmoet.
In episode 3 het Keenan Martin, ‘n rymkletser en vervaardiger van die Paarl., aan die beurt gekom. Hy staan beken as Kaykinetic.
In Episode Vyf  wag  Yoma / Claudia Witbooi van George in die Suid-Kaap, wat ‘n Ghoema wenner is in die Rymklets afdeling van beste liedjie op die luisteraars.  Kyk sommer solank na haar Facebook profiel:

Kaecee Pheiffer

Episode Ses is nog ‘n dame met die naam van Kaecee Pheiffer van Wolseley in die Boland. Sy is ‘n rymkletser. Ek het nie fotos van Kaecee nie, maar hier is skakel van haar Facebook profiel.  https://www.facebook.com/kaecee.pheiffer

Die kenwysie
Een van my doelwitte was om met verskeie Afrikaans rymklets produksiehuise saam te werk om ’n kenwysie te skep vir die program. WolfKraft Productions, Boentoe Produksies, Barrbar Records and Media en Oeps Produksies het dus gesamentlik die kenswysie geskep.

Dit was ’n wonderlike skeppingsproses met baie ure se kreatiwiteit wat tussen die verskeie produksiehuise plaasgevind het. Die verskeie produksiehuise se voorstelle en insette was ook daarom vir my baie belangrik in die skep van die formaat van die program. Die belangrikheid van samehorigheid onder die rymkletsgemeenskap met die doel om die geliefde kunsvorm na ’n nuwe ruimte te neem en om daaraan deel te neem was eersteprys en sover ’n wonderlike ervaring.

Luister hier na die kenwysie: