Laaste drama van ons 2e seisoen

30 Desember Die jaar word afgesluit met die klassieke klug, Die Wildsboudjie, deur Fritz Steyn. Dit kom uit die SAUK se klankargief. In die produksie wat onder spelleiding van Robert Young opgevoer is, kan die stemme van onder andere Dana Niehaus en Kosie Eloff gehoor word. DATUM TITEL 7 Oktober: ‘n Radioverwerking van die solostuk Klipgebede, deur Schalk Schoombie.Elma Potgieter vertolk die rol van die vrou wat vir ewig die letsels van gesinsgeweld dra, maar wat tog met hoop na die lewe kyk.  Die regisseur is André Stolz. Klipgebede 14 Oktober Dis RSG se eerste plekspesifieke drama, geskryf deur Magdel Brand en Appel van Rensburg. Dis langs die see opgevoer deur  Eben Cruywagen. Slegs amateurs het deelgeneem. Dit vertel die verhaal van ‘n bejaarde sielkundige wat die laaste jare van sy  lewe op die bankie slyt ná verkeerde keuses en … Lees meer Laaste drama van ons 2e seisoen