Laaste drama van ons 2e seisoen


30 Desember
Die jaar word afgesluit met die klassieke klug, Die Wildsboudjie, deur Fritz Steyn.

Dit kom uit die SAUK se klankargief.

In die produksie wat onder spelleiding van Robert Young opgevoer is, kan die stemme van onder andere Dana Niehaus en Kosie Eloff gehoor word.

DATUM TITEL
7 Oktober:
‘n Radioverwerking van die solostuk Klipgebede, deur Schalk Schoombie.Elma Potgieter vertolk die rol van die vrou wat vir ewig die letsels van gesinsgeweld dra, maar wat tog met hoop na die lewe kyk.  Die regisseur is André Stolz.
Klipgebede
14 Oktober
Dis RSG se eerste plekspesifieke drama, geskryf deur Magdel Brand en Appel van Rensburg. Dis langs die see opgevoer deur  Eben Cruywagen. Slegs amateurs het deelgeneem. Dit vertel die verhaal van ‘n bejaarde sielkundige wat die laaste jare van sy  lewe op die bankie slyt ná verkeerde keuses en besluite wat hy vroeër in sy lewe geneem het.
Oom Willem se bankie
21 Oktober
‘n Green room, waar menige akteurs al meer tyd spandeer het agter die verhoog as op die verhoog tydens repetisies, word slim benut deur die skrywer, Ilne Fourie  tydens ‘n verhoogrepetisie van Daar woon mense, een van Athol Fugard se nie-politiese dramas. Die rolle van Don en Millie, met die akteurs Barry (Cobus Rossouw) en Isabelle (Antoinette Kellermann) is twee akteurs wie se rakleeftydperk einde se kant toe staan.
Green Room

Antoinette Kellerman

28 Oktober
Hoe voel dit om snags alleen in ‘n radio-ateljee te sit en “lappe te trap” – ‘n uitdrukking geleen by die Siele op Wiele? Bettie Kemp het, na aanleiding van haar gereelde middernagskofte destyds die  radiodrama geskryf. Die spelers is Bettie Kemp, Janine Opperman, Anton Schmidt en Sulette Minnaar.
Nag Karlien

Bettie Kemp

4 November
Hemelblou, onder spelleiding van Frieda van den Heever, is Isabel Martinson se sensitiewe verhaal oor die verwerking van dood en verlies, en die helende krag van vriendskap.Die stemme van Mariechen Vosloo, Elanza Swart, Albert Pretorius en Dean Balie kan gehoor word.
Hemelblou

11 November

Die radioverwerking van Wessel Pretorius se verhoogdrama, Wilde Als. Daar lê soveel temas opgesluit in hierdie werk – herinneringe, vergifnis, nostalgie en gevolglike verromantisering, verlore liefde, gebroke harte, die kreatiewe proses, ware verbintenisse en die afdruk wat mense op mekaar laat. Die tema waarby regisseur Renske Jacobs die meeste aanklank vind om begrip te hê vir Hilde se desperate pogings om haarself te vergewe, was die moederskap-tema.

Wilde-als

18 November
Donkerhoek is Nicola Hanekom, wat vanjaar die Hertzogprys vir Drama gekry het, se eerste radiodrama.Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou.
Donkerhoek
25 November
‘n Liefdesverhaal, waar die held en die heldin aan die einde van die storie bymekaar uitkom, is altyd ‘n gewilde storie.Ronel Mostert het Kronkelpad geskryf.  Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n grondpad, waar die aantreklike plaaseienaar, Hugo Naudé, op haar afkom.
Kronkelpad

2 Desember
Die bekroonde digter, Marlise Joubert, se Onder die appelliefiebos, word deur Joanie Combrink opgevoer. Temas soos identiteit, herkoms en vervreemding word aangeroer. In die rolverdeling is die stemme van Erica Wessels, Wilhelm van die Walt, Elanza Swart  en Eugenie Wiggens onder meer te hoor. Jong, nuwe spelers, Kayla van der Merwe, Chloe van Rooyen en  Cole Wessels maak hulle debuut.
Onder die appelliefiebos
9 Desember
Moleste in ‘n meentheidhuiskompleks sorg vir lekker komedie in Hygent Hennie, deur Joe Kleinhans. Hennie is ‘n troetel-hoenderhaan wat opgepas moet word wanneer sy baas siek word.Johny Klein is die regisseur van die produksie waarin die stemme van onder meer Karen Wessels, Rina Nienaber en Simon Bruinders gehoor kan word.
Hygend Hennie

16 Desember

Anrich Herbst is in die regisseurstoel vir Dit klink na donderweer, deur Maria Vos. In die storie word die kompleksiteite van ‘n ma-en-dogterverhouding belig. Dit is ‘n lighartige familiedrama.

Dit klink na donderweer

23 Desember

Sien jou weer gister, uit die pen van Neil Steenkamp is ‘n bietjie wetenskapsfiksie en romanse.

Twee akademici, een by ‘n universiteit en een in die private sektor, wedywer om die eerste te wees om ‘n suksesvolle tydmasjien te bou.

Sien jou weer gister
25 Desember (KERSDAG)

Die Kersdrama, En daar was skaapwagters, is vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen en is gegrond op ‘n gelyknamige storie deur NP van Wyk Louw wat in Maskers van die Erns opgeneem is en in 1955 verskyn het.

En daar was skaapwagters

30 Desember

Die lollery begin wanneer Dominee Gompul ongemaklike vrae het oor ‘n wildsboudjie wat spesiaal vir hom voorgesit word

Die wildsboudjie (ARGIEF)