Ons klaar die verwarring oor Covid-toetse op

Woensdag: 11:30 – 12:00 Gesondheid met Marí Hudson Daar is steeds baie verwarring oor Covid-toetse. Wat beteken vals positiewe of vals negatiewe toetse? Beteken dit jy kan Covid hê, maar jy toets negatief, of dat jy gesond is, maar jy toets positief? Kan die toets positief wees vir influenza-virusse? Marí Hudson praat met dr Jean Maritz, ’n viroloog verbonde aan die patologie-firma Pathcare, om die verwarring op te klaar. In die program sal ons na die volgende hoofpunte kyk: 1. Mens kry verskillende Covid  toetse. Wat is die verskil tussen die virus-, antilliggaam- en antigeen toetse. 2. Kom ons staan eerste stil by die virus toets. – hoe akkuraat is dit? – maak dit saak waar die monster geneem word bv neus, keel ens – wanneer is die toets positief? – waarom kan die toets so lank + bly? – … Lees meer Ons klaar die verwarring oor Covid-toetse op