Regstreekse konsert Saterdag die hoogtepunt van verjaardagvieringe

RSG vier 85 Jaar van Afrikaanse Radio met ‘n hoogtepunt – ‘n regstreekse konsert van U Eie Keuse vanuit die SABC se M1-Ouditorium in Auckland Park. Hierdie luisterryke en bykans twee uur lange konsert vind op Saterdag 29 Oktober plaas. Die konsert, wat om 20:00 sal begin, word aangebied deur Willem Pelser en sal bestaan uit die gewildste versoeke van RSG se luisteraars. Luisteraars hul kan verkneuter in die tydlose deuntjies wat oor die dekades heen in hierdie program – die oudste op Afrikaanse radio – versoek is. Die geskiedkundige en majestueuse orrel in die M1-ouditorium gaan ook tydens die konsert gehoor word. Die Naledi-bekroonde dirigent Eddie Clayton sal op die podium wees en is ook verantwoordelik vir die musiekverwerkings. Hy is bekend as musiekregisseur, dirigent, komponis en musiekverwerker. Hy het met verloop van jare met meeste Suid- Afrikaanse orkeste … Lees meer Regstreekse konsert Saterdag die hoogtepunt van verjaardagvieringe