RSG en NATi wil land laat lag

Luisteraars van RSG kan nou inskryf vir ’n nuwe kompetisie wat Afrikaanse komedie gaan bevorder. RSG en NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) het die heel eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas aangekondig. Dié nuwe kompetisie met ‘n totale prysgeld van R40,000 is vir kort, komiese radiodramas van ‘n kwartier lank. Enige genre van komedie – van klug tot skerpskerts – is welkom, solank dit ‘n nuwe en oorspronklike radiodrama is en in die voorgeskrewe radiodrama-formaat geskryf is. Geen verwerkings van bestaande materiaal, verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie. Die volle spektrum van Afrikaans kan gebruik word, maar die inskrywings word beperk tot slegs een radiodrama per persoon. Geen prosa, kortverhale of verhalende werk sal kwalifiseer nie. Die duur van die drama moet slegs 15 minute wees – sowat 12 tot 13 A4-bladsye maksimum. Net ‘n maksimum … Lees meer RSG en NATi wil land laat lag