RSG se eerste dramaseisoen van 2024

Die nuwe drama seisoen is belaai met opwindende dramas vir elke oor. Die sukses van die vorige seisoen kan duidelik gemeet word aan die hoeveelheid potgooi luisteraars en reaksie op ons digitale platforms. Hierdie komende seisoen is ‘n voortbou op die fondasies wat reeds gelê is in die lang geskiedenis van radio teater by RSG. Die komende seisoen verskuif grense met nuwe skrywers en uitdagende temas. Die seisoen open op 29 Maart op 14:00 met die paasdrama, waarna Luisteraars elke Donderdag om 20:00 kan inskakel vir radiotetater. Jy kan na hierdie dramas wat reeds uitgesaai is, op potgooi luister (Klik op die skakel) Die seisoen begin amptelik met ‘n paasdrama, Lam vir die Pase, op Goeie Vrydag. Die verhoogteks is deur Nico Luwes geskryf en verwerk vir radio. Lam vir die Pase gee ‘n blik op die feilbaarheid van die … Lees meer RSG se eerste dramaseisoen van 2024