Rymklets Sonder Grense 2 begin op 6 Julie

Die Rymklets Sonder Grense musiek dokumentêr wat verlede jaar vir die eerste keer op RSG uitgesaai is, is terug met ’n tweede seisoen. Die program sal vanaf 6 Julie tot 7 Sept vir tien weke op die luggolwe wees. Frazer Barry is die aanbieder wat die wêreld van die rymkletskunstenaar ondersoek. Volgens Frazer is die storie van die rymkletskunstenaar net so belangrik soos die musiek en is dit goed vir die groei van ons taal om te verseker dat daardie stories vertel en gedokumenteer word. In seisoen een is daar gefokus op die geskiedenis van Afrikaans Rymklets musiek en hoe dit in die vroeë vorms beoefen was. Daar is onderhoude met verskeie rolspelers gevoer met die aandag op die binnewerking van die Rymkletsmusiek kultuur. Die onderhoude het die grootste deel van die dokumentêr beslaan met die musiek wat sowat 40% … Lees meer Rymklets Sonder Grense 2 begin op 6 Julie