Riley, Zak, McGyver en Charlie: SA se 1e Covid-snuffelhonde ruik Covid met meer as 96% akkuraatheid uit

Die K9 eenheid van die SAPS het in Junie begin om honde op te lei om Covid uit te ruik. Die reukhonde van die K9 Forensiese Eenheid word geleer om met meer as 96% akkuraatheid selfs presimptomatiese Covid-gevalle in die inkubasietyd van Covid uit te ruik. Die honde het pas hulle opleiding voltooi. Reukhonde word reeds in verskeie Europese lande ingespan om met groot akkuraatheid Covid uit te ruik. Luister Woensdag hieronder na die program op Gesondheid op RSG, waar prof Tess van der Merwe vertel hoekom en hoe die honde opgelei word om Covid en ander siektes uit te ruik. Kyk hoe ingenome is Zak met sy akkurate identifikasie van Covid. Ontmoet solank Suid-Afrika se 1e 4 Covid-reukhonde: