Ons verpleegdienste stuur af op ramp

Suid-Afrika se verpleegdienste is op die rand van die afgrond. Teen die huidige tempo en kwaliteit van opleiding, sal pasiënte se veiligheid in ’n swakker kaliber verpleegkundige se hande, in groter gevaar wees as ooit. In ’n spesiale verslag kyk Marí Hudson indringend na die stand van verpleegdienste in ons land. Vergeet van veilige pasiëntsorg in staatshospitale in 2030. Vergeet van die NGV-plan. ’n Ramp wag op gesondheidsorg in die land weens die reuse tekort aan verpleegkundiges wat net al groter word. Ons eens trotse verpleegdienste is naby aan kapoet. Dít terwyl die statutêre verpleegraad en die Minister van Gesondheid skynbaar doof is vir die loeiende alarms. Marí Hudson het navorsing gedoen oor die stand van verpleegkunde in die land. Die bevindings laat ’n mens se keel toetrek. Hier is die spesiale verslag. In die jaar 2030 sal baie van … Lees meer Ons verpleegdienste stuur af op ramp