Geluk aan ons Radiodrama-wenners!

“Vat realisme, meng dit met empatie, goeie dialoog en ‘n skokkende einde en jy het inderdaad ‘n wenner wat op baie vlakke bevredig.” Só beskryf die beoordelaars die wendrama in vanjaar se RSG Radiodrama-skryfkompetisie. Die 64-jarige Johannesburgse skrywer Lee Doubell het die eerste prys van R50 000 ontvang vir sy radiodrama, Houvas. Die kompetisie is vanjaar vir die 26ste keer aangebied en bykans 120 inskrywings is ontvang. Vyftien minute van roem deur die 60-jarige skrywer Francois Bloemhof van Durbanville het die tweede prys ontvang. Bloemhof is ‘n bekroonde skrywer bekend om sy bekroonde boeke vir volwassenes, tieners en kinders. Hy ontvang R25 000. Vyftien minute van roem is Bloemhof se derde radiodrama. Adelle van Wyk, ‘n 50-jarige arbeidskonsultant van die Wes-Kaap, het die derde prys ingepalm met Die vlek van menswees. Van Wyk het die kompetisie in 2020 gewen met … Lees meer Geluk aan ons Radiodrama-wenners!