Sylvester en sy trop

Dit gaan goed met Sylvester, die leeu wat onlangs pa geword het. Amore Bekker het onlangs tydens haar vakansie Kuzuko Lodge, sy tuiste, besoek om Sylvester op te soek. Hier is enkele foto’s van die pragleeu, wat byna doodgemaak is omdat hy twee keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het. Nou is hy die koning van Kuzuko Lodge by die Addo Olifantpark. Hy is die pa van Angel (self met ‘n uitsonderlike verhaal van redding) se twee seuns, Gamka en Kambroo. Sy maat, Fielies, ook ‘n prag-mannetjie, is die pa van Nicka (Angel se suster) se twee babas, Cat (‘n wyfie) en Liam (‘n mannetjie). Lees en luister ook: https://www.rsgplus.org/aktueel/sylvester-is-pa-van-2-welpies/ https://www.rsgplus.org/natuur/uitsonderlik-2-wees-leeuwelpies-nou-wild-en-self-mas/ https://www.rsgplus.org/natuur/gamka-is-n-mannetjie/