Sylvester en sy trop


Dit gaan goed met Sylvester, die leeu wat onlangs pa geword het. Amore Bekker het onlangs tydens haar vakansie Kuzuko Lodge, sy tuiste, besoek om Sylvester op te soek.
Hier is enkele foto’s van die pragleeu, wat byna doodgemaak is omdat hy twee keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het.

Nou is hy die koning van Kuzuko Lodge by die Addo Olifantpark. Hy is die pa van Angel (self met ‘n uitsonderlike verhaal van redding) se twee seuns, Gamka en Kambroo. Sy maat, Fielies, ook ‘n prag-mannetjie, is die pa van Nicka (Angel se suster) se twee babas, Cat (‘n wyfie) en Liam (‘n mannetjie).

Sylvester in aksie (Foto: Werner Hill, Media24)

Sylvester is waarlik ‘n pragleeu (foto: Werner Hill, Media24)

Angel lê agter en haar suster Nicka lê voor, met hul 4 babas. Van links na regs Cat wat aan haar ma drink (dogter van Nicka en Fielies), Liam lê met kop op sy ma se rug en onder sy tannie se ken (seun van Nicka en Fielies), Kambroo (Angel en Sylvester se seun), Gamka (heel regs, Angel en Sylvester se seun). Liam is vernoem na Gerhard de Lange, hoof van natuurbewaring by Kuzuko Lodge, se kleinseun.

Sylvester en Angel se twee seuns, Gamka en Kambroo

Fielies is ‘n pragleeu.

Fielies

Sylvester en Fielies is soos broers en lyk hier mak en lieftallig, maar dinge kan in ‘n oogwenk verander, want hulle is wilde diere. Hierdie foto is geneem toe Fielies nog ‘n tiener was.

Lees en luister ook:

https://www.rsgplus.org/aktueel/sylvester-is-pa-van-2-welpies/

https://www.rsgplus.org/natuur/uitsonderlik-2-wees-leeuwelpies-nou-wild-en-self-mas/

https://www.rsgplus.org/natuur/gamka-is-n-mannetjie/