Vrystater wen Kwartkomedie prys met veearts-komedie 

Die Bloemfonteinse aktrise, skrywer en regisseur Ilné Fourie het die eerste prys gewen in RSG en NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) se Kwartkomedie-skryfkompetisie met haar lekkerlag-radiodrama, Hendrik se histerektomie.  Die Kwartkomedie-kompetisie is verlede jaar vir die eerste keer aangebied vir kort radiodrams van sowat ‘n kwartier lank. Tekste moes tussen 12 en 13 bladsye lank wees.   Fourie wen R20 000 met haar stuk wat in die spreekkamer van ‘n veeartspraktyk, Woef Kardoes, afspeel met ‘n nuwe ontvangsdame wat nie kop of stert kan uitmaak van alles wat rondom haar gebeur nie.   Volgens Fourie moes sy haar kat veearts toe vat en dis toe wat die idee van haar komiese klankdrama oor onder andere ‘n hamster genaamd Hendrik met agt babatjies gebore is.   Fourie is buiten haar verhoogwerk bekend om die radiodramas Halleluja, Amen asook Sjarrap en eet jou kos. Green Room, … Lees meer Vrystater wen Kwartkomedie prys met veearts-komedie