Hoe uile stil vlieg


  • Voorbeelde van energie-oordrag

    Hoe werk die wet van die behoud van energie? Hoe word energie van een bron na ‘n ander oorgedra? Hoe werk wrywingsenergie en hitte, of chemiese energie?

  • Die grasuiltjie

    Wat weet jy van die grasuiltjie met die wit gesiggie en donker oë en van ander uile?
    Suid-Afrika het 12 spesies uile, en Dave Pepler vertel meer oor die grasuil en die ander uilsoorte en hul geluide. Het jy geweet hulle sit altyd regop, hulle kyk met albei oë, en prosesseer klank verskriklik vinnig. Hul vere is aangepas om stil te vlieg en hul vere het ‘n waslagie op en kan dus nie jag as dit reën nie.

  • Hoe lank kan voetspore behoue bly in die sand of sneeu? In Namakwaland bly voetspore blykbaar lank sigbaar in die sand. Dit hang natuurlik af van die getye en wind, weer, reën en ander klimaatselemente of ‘verkeer’. Neil Armstong se voetspore is vandag nog op die maan sigbaar, want daar is geen wind, reën of atmosfeer nie. Voetspore van oermense het ook in sandduine versteen en is duisende jare later nog bewaar. Op Antarktika het voetspore vir minstens 8 jaar behoue gebly.

Hierdie vrae word beantwoord deur wetenskaplikes in Hoe verklaar jy dit?, aangebied en saamgestel deur Haidee Müller.