Waterbesoedeling: Hoe gemaak met die Vaalrivier en ander vuil riviere en damme?


Die Departement van Water en Sanitasie sê hy sal self die Vaalrivierstelsel skoonmaak, nadat die maatskappy wat vir die doel aangestel is, dit nie gedoen het nie. Ekurhuleni Water Care is verlede jaar in Junie teen ‘n koste van R170-miljoen aangestel, maar sy kontrak is nie hernu nie. Die Vaalrivierstelsel wat water aan Gauteng verskaf, word jare reeds besoedel deur onverwerkte riool van die Emfuleni-munisipaliteit.
Wie moniteer vlakke van waterbesoedeling in Suid-Afrika, en hoe kan dit beter bestuur word?