Groei die steun van die DA?


Indien ‘n mens ‘n DA-peiling kan glo wat glo uitgelek en in Business Day verskyn het, behoort die party, indien 66% van die kiesers aanstaande jaar by die stembus opdaag, goeie groei te toon in veral Gauteng en KwaZulu-Natal. In die onlangse tussenverkiesings in Gauteng en KwaZulu-Natal, kon die DA sy setels behou, maar ook die ANC, terwyl partye soos die IVP en EFF in sommige wyke groei getoon het.

Om hieroor te gesels, sluit die politieke joernalis en skrywer, Jan-Jan Joubert, by ons aan.