Die stofstorm op Mars van Aarde sigbaar


Die stofstorm tref NASA se Curiosity tuig

Sterre en Planete, Sondag 24 Junie 2018 – As jy saans na die ooste kyk, sal jy ‘n helder rooi voorwerp sien. Dit is Mars wat so duidelik vertoon. Miskien is dit die stofstorm wat tans aan die gang is wat, die planeet so ‘n ekstra rooi kleur gee. Die span praat oor die storm, hulle gesels met ywerige sterrekyker Lafras Smit, wat in die omgewing van Heilbron boer. Hy is tans besig om die sogenaamde analemma te bestudeer. Hy vertel wat dit is en hoe hy dit doen. Willie Koorts praat ook oor sy besoek aan die VSA waar hy in Austin, Texas, die Spiekonferensie bygewoon het, waar daar oor teleskoop- en ruimtetegnologie gepraat is.

NASA se Curiosity tuig op Mars het dié selfie in die stofstorm geneem

Luister ook

Sondag 17 Junie 2018

Die rooi planeet is besig om stof op te skop. Dr. Japie van Zyl van die JPL in Kalifornië vertel van die reuse stofstorm op Mars. Die storm is so hewig dat dit feitlik die hele planeet omhul. Die Marstuig, Opportunity, wat al byna 15 jaar op Mars rondkruie, is heeltemal met stof omhul. Daar word gevrees dat die tuig se sonpanele, wat die batterye van krag voorsien, te min sonlig kry. Daar is die afgelope dae geen sein van die tuig ontvang nie, en almal hou duim vas dat die storm sal wyk. Japie praat ook oor die organiese materiaal wat op Mars opgespoor is, en wat die implikasies daarvan mag wees.

Meer inligting