Marshelikopter se 1e vlug suksesvol


Die Mars helikopter

Die ruimtewetenskap het nog ‘n treetjie vorentoe geneem toe die Marshelikopter sy eerste vlug op die rooi planeet suksesvol onderneem het.

Jim Adams praat oor die sending en wat dit vir die toekoms beteken. Daar is allerhande vrae wat by mens opkom, soos wat het geword van die Marsstof wat sou opwaai as Ingenuity sou opstyg? Watter paadjie moes die sein loop van die helikopter af om by JPL in die VSA uit te kom?

Luister na die volledige gesprek op Sterre en Planete.