Nuwe reeks oor opstaan ná terugslae, sal inspireer


Aanbieder Lizma van Zyl by die eerste spreker in die reeks, André Maree van Hopefield

‘n Nuwe reeks wat in Januarie afskop en harte warm gaan laat klop is Suksesstories.

Aanbieder Lizma van Zyl gaan kuier dan by mense wat in ‘n stadium so hard op die lewenspad geval het dat opstaan onwaarskynlik was. Tog het hulle uit die puin én pyn herrys, voortgebeur en gebruik nou húl ervaring om ander te help.

Dis egter nie net mense wat reuse liggaamlik en of emosionele trauma beleef het wat hulle stories gaan deel nie, maar ook mense wie se harde werk, toewyding en passie as inspirasie dien vir ander om hulle drome na te streef.

Een hiervan is die legendariese musiekgees, Sipho Hostix Mabuse, wat op 72 steeds op wêreldverhoë in aanvraag is maar so ver hy gaan, teruggee en ophef.

Lizma sê die reeks is geïnspireer deur haar pa Gerrit se lewensfilosofie: dis nie soseer wat met ons gebeur wat tel nie maar hoe ons dit hanteer.

Suksesstories begin Donderdag 5 Januarie 2023 om 20h30.