Osteoporose is kindersiekte wat in ouer jare ontmasker word


Osteoporose is ’n kindersiekte wat in jou latere jare sigbaar word, sê ’n spesialis. Hoe werk dit dat dinge wat jy in jou tienerjare doen, jou in so kan inhaal as jy ouer is?

Dr Magda Conradie, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg-Hospitaal vertel meer oor dié algemene, maar grootliks voorkombare probleem.

In deel 1 kyk ons hoe been vorm, wat is piek-beenmassa, en hoekom mense na opuderdom 50 of na menopouse beenmassa verloor. Ons kyk ook na die rol van kalsium en vitamien D aanvullings en hoe osteoporose behandel kan word.

Die postuur verander ook met osteoporose

Deel 2
In deel 2 fokus ons op praktiese vrae oor die behandeling en die eenjaarlike infusie, en ons kyk ook hoe jy jou eie risiko kan bepaal om ‘n been te breek weens osteoporose.

Het jy geweet dat geen mens te oud is om baat te vind by osteoporose-behandeling nie? Of dat as ’n ouer mens ná ’n klein val ’n beenbreuk opdoen, dit klaar ’n diagnose van osteoporose beteken, en dat dié pasiënt beslis evauleer moet word vir osteoporose-behandeling. Tog laat ortopede en algemene praktisyns in 80% van gevalle na om dié pasiënt se osteoporose te behandel om verdere beenbreuke te voorkom.

Meer inligting oor die FRAX telling:

https://www.sheffield.ac.uk/FRAX/tool.aspx?country=9

Klik op die skakel, gaan na Calculation Tool in die boonste navigasie bar, klik op Midde Ooste en Afrrika, selekteer Suid-Afrika en jou ras en vul die oop blokkies in en doen die berekening.

 

https://osteoporosis.org.za/number-of-hip-fractures-in-south-africa-is-on-course-to-more-than-double-over-coming-decades-study-finds/

Agtergrondinligting

Beendigtheid verminder algaande.

Hoeveel oefening kinders en tieners in die eerste 20 jaar van hulle lewe doen, en hoe gesond hulle eet, speel ‘n belangrike rol op hoër piek-beenmassa te bou, en hoe hoër piekmassa word, hoe langer neem dit vir beenmassa om só af te breek dat dit poreus genoeg word vir osteoporose en beenbreuke.

Sorgwekkend baie tieners kry nie genoeg oefening nie, drink nie voldoende suiwelprodukte nie, en ontwikkel eetversteurings en verhoog hulle risiko om later osteoporose op te doen.

Hoe ouer mens is, hoe groter is jou kans om dit op te doen. Sowat 1 uit 3 vroue bo 65 en een uit 5 mans bo 75 kry osteoporose.
Dit is dikwels ‘n stil siekte, tot die persoon val en ‘n heup breek..

Dit is baie belangrik dat jongmense en tieners voor hul twintigerjare alles doen om latere osteoporose te voorkom.