Onteiening: ANC-kiersers nie gepla; DA-minister praat bont
Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het in sy jongste pelingsverslag onder meer bekend gemaak Suid-Afrikaners oor alle rasgroepe heen verkies aanstellings op meriete, en populistiese beleid oor byvoorbeeld grondhervorming, vind nie groot byval nie. Die belangrikste kwessie vir Suid-Afrikaners is werksgeleenthede. Dié verslag kom ná ‘n peiling wat die IRR in Maart en April onder stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen het.Terwyl die peiling wys grondhervorming is nie hoog op kiesers se prioriteitslys nie, het die minister van Openbare Werke, die DA se Dean Macpherson, op ‘n paneelgesprek by Nampo, die omstrede onteieningswet verdedig. Om oor al hierdie dinge te praat, sluit Hermann Pretorius van die IRR by ons aan.