Die sielkunde van ’n kindermolesteerder
Dis Kinderbeskermingsweek, maar as ‘n mens na die statistieke kyk waar kinders aangerand, mishandel, gemolesteer en verkrag word, is dit ‘n pikdonker prentjie. In die 2023/24-boekjaar is daar in Suid-Afrika meer as 13 000 kindermishandelingsake by die polisie aangemeld.
Kindermishandelaars is dikwels “gewone” mense wat gesaghebbende posisies in gemeenskappe beklee. Hoe lyk die profiel en sielkunde van ‘n kindermishandelaar?
Ons praat hieroor met dr. Marcel Londt, ‘n forensiese kliniese maatskaplike werker en voormalige departementshoof van maatskaplike werk by die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy werk al langer as 40 jaar met kinders wat mishandel is en met kindermishandelaars.