Gee Netanyahu werklik om oor Israeli gyselaars?


Dis vandag reeds Dag 609 van die oorlog in Gasa tussen Israel en Hamas. Tienduisende Palestyne is reeds dood in die oorlog wat gevolg het op Hamas se aanval op 7 Oktober 2023. ‘n Ooreenkoms op ‘n hernieude skietstilstand kan ondanks die Withuis-verteenwoordiger, Steve Witkoff, se beste pogings, nie bereik word nie.

Dr. Gershon Baskin is ‘n gesoute onderhandelaar wat voorheen namens die Israelse regering met Hamas onderhandel het om gyselaars vrygelaat te kry.