KI kan ‘n skrywer só help
Kunsmatige intelligensie in enige kunsvorm, is ‘n medewerker, ‘n venoot. Dis die mening van die dubbelle Hertzogprys-bekroonde dramaturg, Deon Opperman, by die onlangse Tribuo-kunsteberaad op Stellenbosch. Volgens Opperman is die gebruik van kunsmatige intelligensie soos om met ‘n slimmer weergawe van jouself ‘n dinkskrum te hou.